Ons spesiale dag
Vrydag, 19 April 2024 om 15:30 vir 16:00. Seremonie begin stiptelik om 16:00. Seremonie en onthaal: Simbali Lodge & Function Venue. RSVP: 29 Februarie 2024 (skakel volg aan die einde) Drag: Semi-formeel (geen denims asb.)
Belangrike inligting
1. Kroeg het slegs kaartfasiliteite beskikbaar, geen kontant, geen eie drank op perseel. 2. Die gevolg en bruidspaar se ouers maak gebruik van groen as kleurskema, gaste moet asb. enige ander kleurskema dra behalwe wit en groen. 3. Die venue se terrein is nie fynhakke vriendelik nie, hou dit asb. ingedagte. 4. Aanwysings na die venue: Plot 75 Klipkop, Tierpoort, Pretoria, 0056, South Africa Of Simbali Lodge & Function Venue Die speldligging vat mens net tot voor die indraai na die venue. Draai links vanaf die teerpad op die grondpad. Ry tot by die t - aansluiting. Draai links by die t - aansluiting. Die venue se hek sal aan jou regterkant sit.
Akkomodasie
Daar is ongelukkig geen akkomodasie op Simbali Lodge & Function venue beskikbaar nie. Hier is ‘n paar opsies naby aan die venue: 1. Nyala Bush Camp - 084 589 1423 2. Stonekraal Bush Lodge - www.stonekraal.co.za 3. Ché venue - 066 265 6542 4. Ndlovu Lodge - www.ndlovulodge.com 5. Bakenkloof Private Game Reserve - www.bakenkloof.com 6. Cussonia Country Home - www.cossoniavenue.co.za 7. Cipresso Guesthouse - 068 211 5864 8. Ingaadi Spa & Event Venue - www.ingaadi.co.za 9. White Linen Guesthouse - www.whitelinenguesthouse.co.za 10. Arendskop Lodge - www.arendskop.com
Die Gevolg
Ontmoet die mense wat aan die bruidspaar se sy gaan staan tydens die groot dag.
Roedie Smit
Best man
Mishca Smit
Maid of honour
Johnwyn Andrews
Groomsmen
Melandri van der Westhuizen
Bridesmaid
Hendrik Myburgh
Groomsmen
Leticha Swanepoel
Bridesmaid
Bernike van Dyk
Bridesmaid
Iets vir die bruidspaar
Sou u 'n geskenkie wou koop, spaar u self die baie loop. Bêre die nootjies in die kas, en kom gooi dit in die huwelikstas.
Ons Liefdes Verhaal
Die eerste keer wat Marishaan en Sarel mekaar gesien het was by die werk. Marishaan moes vir Sarel gevra het om saam haar op ‘n skool hokkietoer te gaan om haar seuns span in die aande op te pas alhoewel die skool daardie Vrydag sluit vir die 3 weke vakansie. Nietemin sê Sarel ja solank hy dieselfde as die span kan lyk. Wat sal 3 hemde tog nou meer kos as laat aande toesig. Elke oggend word Marishaan en haar mede-afrigter/hartsvriendin, Leticha, wakker geklop om seker te maak hulle is wakker. Sodra daai deur oopswaai om Sarel te groet kom die woorde, mooi julle is wakker! Mag ek asseblief hot chocolate kry? Maande gaan verby en dis ‘n groet hier en chat daar, maar niks dieper as die normaal nie. Net so nou en dan die vraag van wanneer gaan drink ons drinks? Ons rig hoogspring en so te sê hokkie saam af so ons kan bietjie iets gaan drink om albei se hoogtepunte te vier as jy dit nog wil vier oor 'n drink of twee. 20 Desember 2022 bel Marishaan vir Sarel om te hoor wanneer hulle die beloofte drinks kan gaan drink. Nee sê Sarel hy is tans in Clarens saam die Smitte op vakansie so as hy terug kom die 23ste kan hulle iets gaan drink. Marishaan dink, nes elke ander meisie, ag dis ook nou maar so. Sy het gevra en hy is nie hier nie so hy moet maar bel as hy regtig wil. 24 Desember 2022 om 10:07 lui Marishaan se foon. EP Sarel Myburgh sê Siri. Die gesprek is kort en Marishaan is op haar senuwee, want Sarel wil vandag 12:00 iets gaan drink by Dopio Zero! Marishaan het 14:00 'n familie kersete aan by die Bester Lapa, sy moet nog geskenke gaan koop en snacks kry. Sy maak klaar, gryp haar handsak, gryp die snacks wat sy al het en gooi alles in die kar sodat sy kan ry. Dis alreeds 11:55 en sy is nog tuis. 12:05 bel Marishaan vir Sarel om te hoor waar hulle mekaar kry en of hy alreeds hier is. Ja sê Sarel ek het vir ons ‘n tafel binne gekry. Marishaan ruk haarself reg, haal diep asem en sê vir haarself let’s do it. Sy stap daar in, maar sien niemand nie. Let wel dis oukersdag en die plek is PROPVOL. Daar sit Sarel heel alleen besig op sy foon by ‘n tafel tussen 2 ander groot groepe langs hom. Groet mekaar vriendelik en die oomlik toe Marishaan gaan sit en daai oogies kyk vir haar so deur daai bril as of hy deur haar hele siel kyk was dit verby met hierdie meisie se hart…