Ons nooi julle uit om asseblief vanaf 14h15 by die venue aan te kom vir ons spesiale dag. Gaste moet asseblief teen 14:45 in die kapel sit. Die seremonie sal 15:00 begin
× Close this message
Ver in die ou Kalahari...
onder die skadu van 'n kameeldoringboom, het ons ewige reis saam begin.
Die liefde vier ons hier
Bell and Blossom 721 Klippan St, Montana, Pretoria, 0151 19 Oktober 2024 Ons nooi julle uit om asseblief vanaf 14h15 by die venue aan te kom vir ons spesiale dag. Gaste moet asseblief teen 14:45 in die kapel sit.
RSVP
Laat weet asseblief teen 10 September 2024 sodat ons alles gereed kan maak vir ons spesiale dag!
Verblyf opsies
Hier is 'n paar opsies in die omgewing wat ons aanbeveel. Hierdie opsies is tussen 1km en 4km van die venue.
Deel jou fotos met ons
Ons wil graag pragtige herinneringe skep by ons troue, en ons nooi jou uit om deel daarvan te wees! Voel vry om spesiale oomblikke by die troue vas te vang en met ons te deel – of dit nou tydens die geleentheid is, of in die dae wat volg. Jou foto's sal nog meer vreugde by ons viering voeg. Kliek asb op die skakel hieronder om jou fotos te neem en te deel op die Kululu app! Jy hoef geen app af te laai nie. Daar sal ook QR kodes gedruk wees wat jy kan skandeer. Elke gas kan onbeperkte fotos neem!!
Indien julle nog wonder...
Ons het 'n lys van vrae en antwoorde saamgestel om jou tyd te spaar.
Waar is die troue?
Bell and Blossom Wedding Venue 721 Klippan St, Montana, Pretoria, 0151
Hoe laat is die seremonie?
Ons nooi julle uit om asseblief vanaf 14h15 by die venue aan te kom vir ons spesiale dag. Gaste moet asseblief teen 14:45 in die kapel sit. Die seremonie sal 15:00 begin
Is daar 'n dress code?
Ons versoek vriendelik dat gaste semi-formeel aantrek vir die geleentheid. Dit beteken mans kan gerus die dasse tuis losmaak, maar ons versoek geen denims, kortbroeke en plakkies nie. Ons sien uit daarna om die geleentheid in styl saam met julle te geniet!
Is die troue binne of buite?
Die seremonie en onthaal sal binne gehou word.
Wie mag ek saambring?
Metgeselle en kinders word slegs verwelkom wanneer dit duidelik vermeld is op jou uitnodiging.
Is daar parkering beskikbaar?
Daar is oorgenoeg veilige parkering binne die venue beskikbaar.
Hoe werk die kroeg?
Bell en Blossom bedryf hulle eie kroeg. Om die vieringe vlot te laat verloop, vra ons vriendelik dat geen eksterne alkoholiese of nie-alkoholiese drankies op die perseel gebring word nie. Hulle kontant- en kaartfasiliteite is beskikbaar, sodat julle ons spesiale dag kan geniet sonder bekommernisse. Vir die veiligheid en sukses van ons troue, asook om die venue te beskerm, verbied hulle streng enige eksterne alkohol wat deur gaste op die eiendom gebring word.
Kan ons jou bederf op julle troudag?
Indien julle ons op ons troudag wil bederf, sal 'n geldbydrae waardeer word, maar dit is geensins noodsaaklik nie — julle teenwoordigheid alleen is vir ons al genoeg.
Hoe werk die app waar ek fotos kan neem en deel?
Die Kululu foto app is 'n slim en gebruikersvriendelike toepassing wat spesiaal ontwerp is vir trougaste om hul foto's te deel en te geniet tydens die troue. Met die app kan gaste foto's neem met hul eie slimfone, wat dan onmiddellik gelaai word na 'n gemeenskaplike foto-album vir almal om te sien. Dit skep 'n gesamentlike herinnering vir die paar en hul gaste, en maak dit maklik om al die spesiale oomblikke van die dag te deel en te bewaar.
Wanneer moet ek huistoe gaan?
23:00 Laaste rondtes by die kroeg. 23:30 Musiek word afgeskakel en die kroeg sluit. 24:00 Funksiesaal sluit.
Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag met jou te deel nie!!
Vir enige navrae op ons troudag, kontak asseblief vir Sanmari by 084 516 1331 of Candice by 083 261 6705