Waar is die troue?
Bell and Blossom Wedding Venue
721 Klippan St, Montana, Pretoria, 0151
Hoe laat is die seremonie?
Ons nooi julle uit om asseblief vanaf 14h15 by die venue aan te kom vir ons spesiale dag.
Gaste moet asseblief teen 14:45 in die kapel sit. Die seremonie sal 15:00 begin
Is daar 'n dress code?
Ons versoek vriendelik dat gaste semi-formeel aantrek vir die geleentheid. Dit beteken mans kan gerus die dasse tuis losmaak, maar ons versoek geen denims, kortbroeke en plakkies nie. Ons sien uit daarna om die geleentheid in styl saam met julle te geniet!
Is die troue binne of buite?
Die seremonie en onthaal sal binne gehou word.
Wie mag ek saambring?
Metgeselle en kinders word slegs verwelkom wanneer dit duidelik vermeld is op jou uitnodiging.
Is daar parkering beskikbaar?
Daar is oorgenoeg veilige parkering binne die venue beskikbaar.
Hoe werk die kroeg?
Bell en Blossom bedryf hulle eie kroeg. Om die vieringe vlot te laat verloop, vra ons vriendelik dat geen eksterne alkoholiese of nie-alkoholiese drankies op die perseel gebring word nie. Hulle kontant- en kaartfasiliteite is beskikbaar, sodat julle ons spesiale dag kan geniet sonder bekommernisse. Vir die veiligheid en sukses van ons troue, asook om die venue te beskerm, verbied hulle streng enige eksterne alkohol wat deur gaste op die eiendom gebring word.
Kan ons jou bederf op julle troudag?
Indien julle ons op ons troudag wil bederf, sal 'n geldbydrae waardeer word, maar dit is geensins noodsaaklik nie — julle teenwoordigheid alleen is vir ons al genoeg.
Hoe werk die app waar ek fotos kan neem en deel?
Die Kululu foto app is 'n slim en gebruikersvriendelike toepassing wat spesiaal ontwerp is vir trougaste om hul foto's te deel en te geniet tydens die troue. Met die app kan gaste foto's neem met hul eie slimfone, wat dan onmiddellik gelaai word na 'n gemeenskaplike foto-album vir almal om te sien. Dit skep 'n gesamentlike herinnering vir die paar en hul gaste, en maak dit maklik om al die spesiale oomblikke van die dag te deel en te bewaar.
Wanneer moet ek huistoe gaan?
23:00 Laaste rondtes by die kroeg.
23:30 Musiek word afgeskakel en die kroeg sluit.
24:00 Funksiesaal sluit.